Deur Anina
Roux & Samantha McKendrick
Vasbyt-Sudoku
is vir mense wat bedrewe is in hoofrekene. Dis ‘n wisselvorm van sudoku waar
die leidrade in die vorm van som totale in groepe selle verskaf word. ‘n Sel
is ‘n enkel blokkie wat ‘n nommer bevat; ‘n nonet bestaan uit 3x3
blokkies waarin die nommers 1 tot 9 elk een keer gebruik moet word; en ‘n hok
is die groep selle wat ‘n stippellyn om het. ‘n Nommer mag net een keer
in ‘n hok voorkom, wat beteken dat ‘n hok nie meer as 9 selle
kan hê nie

